flag de flag gb flag fr
Impressum     European Milk Board ASBL | Rue de la Loi 155 | B-1040 Bruxelles

News Details

News Details

KORT VERSLAG OOR EU BESOEK. – deur Koos Pienaar

KORT VERSLAG OOR EU BESOEK. – deur Koos Pienaar

Hoedanigheid: As o\voorsitter van ESADA (Eastern & Southern African Dairy association) wat  9 lande uit Afrika verteenwoordig nl. Rwanda, Uganda, Kenia, Tanzania, Zambia, Malawi, Zimbabwe, Mauritius en Suid Afrika.

Genooi deur die EMB (Europese Suiwel raad) om namens ESADA die impak van Uitvoer Subsidies op die 9 lande se suiwel bedryf kan veroorsaak. Ook die standpunt van die lande dat invoere gepaard moet gaan met die ontwikkeling van hul primere bedryf.

So kon ek ook die situasie in SA skets veral t.o.v die vestiging van nuwe boere en dat Uitvoer Subsidies op invoere na SA. Ook hoe dit projekte bemoeilik en dat eerder fondse vir vestigings programme beskikbaar gestel moet word.

Die persone en instansies waarmee ek kontak en onderhoude gehad het was:

1. Die BDM en die DBV albei produsente groepe in Duitsland met verskillende oplossings vir die beleid van uitvoer subsidies maar eens is oor die impak op die plaaslike bedryf.

2. Ek het die geleentheid gehad om die EU parlement te besoek. In my kort gesprek met Fischer-Boel kon ek haar ook inlig oor die doel van my besoek. Ek kon ook sit en luister na Fischer-Boel se standpunte, asook na die argument van die 14 lande wat deel is van die EMB.

3. Tydens die perskonferensie kon ek ook Afrika se standpunt stel oor die effek van gesubsidieerde uitvoere na ons.

4. Tydens die funksie die aand was daar ruim geleentheid om met lede van die EU parlement te praat asook met verteenwoordigers van die pers.

5. Ek het onderhoude met beide die voorsitter, en die o\voorsitter van die BDM gehad. Taal was soms  `n probleem en ek moes soms van `n tolk gebruik maak. Al 14 EU lande se verteenwoordigers het ook met my gepraat en hul waardering uitgespreek dat ek daar was om die impak van uitvoer subsidies op Afrika te verduidelik.

6. Verskeie landbou tydskrifte sal ook artikels oor my besoek plaas. Mariann Fischer-Boel se standpunt oor die toestaan van uitvoer subsidies het sy egter herhaal want die EU wil sy posisie as uitvoerland herwin. Sy glo dat as kwotas teen 2015 uitgefaseer is, dat dit weer goed sal gaan met boere as gevolg van `n groter uitvoermark.

Suiwelboere voel egter dat te veel van hulle hul plase sal moet verlaat omdat hulle nie teen die huidige pryse kan produseer nie. (Hul persverklaring is beskikbaar.) Hulle wil “supply management” self toepas. En hierdeur n beter prys bewerkstellig. Die uitvoer subsidies word net aan sekere verkose verwerkers betaal om markte te herwin . Die EMB wil natuurlik die impak wat uitvoer subsidies op ESADA het as n argument te gebruik om die EU te oortuig om hierdie subsidies te staak. Ek kon genoeg inligting gee oor die Afrika situasie. Groot kommer bestaan ook by produsente oor die rol van groot multinasionale Maatskappye, wat `n baie sterk posisie in wêreld handel inneem. Hou die pers dop vir verdere nuus en inligting.

7. Laastens wil ek my dank uitspreek teenoor instansies wat my besoek moontlik gemaak het, die lys is beskikbaar, ondersteun hierdie  mense. Almal se posisie in die suiwelketting sal deur die invoer van gesubsidieerde produkte geraak word. Hier die ondersteuning sal ook help om die nodige vertroue tussen  produsent en die res van die ketting te versterk.

My besoek aan die EU sal dalk nie uitvoere stop nie maar sal beslis die EMB help om hul saak by die EU te stel deur ook die effek van gesubsidieerde produkte op Afrika lande en SA te kan oordra.

MY VRAAG IS NET WAT GAAN DIE ROLSPELERS IN SA DOEN? GAAN ONS TEN KOSTE VAN DIE SA SUIWEL PRODUSENTE INVOER OF GAAN ONS MET ANDER Oe NA DIE EFFEK VAN INVOERE KYK. HET DIE TYD NIE AANGEBREEK DAT ONS DIE LESSE IN DIE TEKSTIELBEDRYF ERNSTIG OPNEEM, EN ALMAL KLEM LE OP DIE GEBRUIK VAN SUIWEL WAT IN SA GEPRODUSEER IS NIE?

Die klem op my MPO VRYSTAAT kongres was dan ook om alle rolspelers in die waarde ketting te betrek en n nuwe era van samewerking en hoop in te lei. Om veral verbruikers aan ons kant te kry.

 

DANKIE,